Het jy gehoor?

Vallei van sluiers begin vanaand om 20:00 op kykNET

Daar broei iets “agter die vrugtegordyn” van die skilderagtige Ceres-vallei in die Boland. Onmin, twis, skandale en geheime is volop in die bekende families De Bruyn, Roberts en Van Rhijn. Al drie dié families word al jare deur tragedies geteister. Aan die hoof is grondbaronne Con de Bruyn (At Botha), oom Boykie Roberts (André Rossouw) en Markus van Rhijn (Marko van der Colff).

Vallei van sluiers word deur Baobab-TV-produksies vervaardig en spog ook met Nico Panagio, Stian Bam, Erica Wessels, Michelle Burgers, Hannes van Wyk, Albert Maritz, Lida Botha en Yvonne van den Bergh in die rolverdeling.

In vanaand se episode:

In dié eerste episode maak ons kennis met die mense van die vallei. Daar is Con de Bruyn, sy oudste seun Hugo (Stian Bam), dié se vrou Hannah (Sophia Passerini) en hul seuntjie, Connie. Con se jongste seun, Jacques (Nico Panagio), is ‘n baie suksesvolle vrugteboer. Oom Boykie en ta’ Effie Roberts (Lida Botha) het hul twee seuns 20 jaar gelede in ‘n swemongeluk verloor, en sedertdien praat hul dogter, Beulah (Tinarie van Wyk-Loots), nie ‘n woord nie. Hulle dra hul kruis in blymoedige gelatenheid.

Markus van Rhijn is ‘n gewese vriend van Con en sy vrou, Emma (Michelle Burgers), is baie ongelukkig. Hul pragtige dogter, Monique (Jana Fischer), was ‘n model, maar weet nie wat om met haar lewe te doen nie.

Dinge word deurmekaar gekrap wanneer ‘n geheimsinnige vreemdeling sy opwagting in die vallei maak.

  • Nicolien van Veijeren

    Ons wag al lank vir so ‘n mooi verhaal met baie spanning en raaiselagtige gebeure. Jana Fischer is ‘n uitstekende aktrise, sy is so natuurlik,baie mooi en niks aansitterig soos baie van ons aktrises is nie. Sy speel absoluut ‘n skoon en natuurlike rol, dit lyk so opreg en waar. Al die speelers is uitstekend maar sy is my gunsteling. Hoera vir ‘n great verhaal.

  • rene

    Die temamusiek van vallei van sluiers is ongelooflik. ek wonder waar ek die cd kan koop.wie ookal verantwoordelik is vir hierdie verhaal, weet wat hulle doen en hulle het die perfekte cast gekies.Dit laat my terugverlang huis toe.

  • Hi Rene,
    "Die temamusiek is die “Intermezzo” uit Cavalleria Rusticano van Mascagni. Dis beskikbaar op CD onder die Naxos-etiket. Al die ander musiek is variasies op die hooftema deur Craig Ormond." – Gekry op Mnet-webtuiste.
    Hoop jy kom reg!
    Groete,
    Lou-Ann van SARIE

  • Ek verstaan Vallei van Sluiers maak eersdaags klaar. Ek is baie teleurgesteld want dit was die beste Suid-Afrikaanse drama wat ek in ‘n lang tyd gesien het, nie eens Torings ens. kom by hierdie intriges van die 3 grondbaronne met al hul lief en leed nie. Ons hoop dat daar ‘n opvolg sal wees.

  • Sonja Erasmus

    My trane le vlak. Hierdie reeks van vallei van Sluiers het te gou tot ‘n einde gekom. Asb moenie te lank wag voor ons die volgende reeks kry nie.
    Dit was beslis die menslikste, diepste storie wat ons nog op TV gesien het. Ons verdien hierdie kwaliteit van programme. Dankie dankie dankie

    Sonja

  • YVONNE SWART

    Dit is so n pragtige verhaal, en die tema musiek is uitstekend, die mooiste wat ek ooit op tv gehoor het.
    Ek wil graag weet hoe ek met Elabeth Archer kan kommunikeer assbeblief.
    Ek sal dit op prys stel, want sy sal my miskien kan help met n ander persoonlike saak, aangaande familie.
    Baie dankie
    YVONNE SWART

  • Steph

    Ek stem volkome saam – dit is een van ons beste afrikaanse storielyne en was boeiend vanaf die begin! En uiteindelik praat Beulah! Vannaand se episode was ‘n ongelooflike opbou! Dis jammer dat die einde in sig is. ‘n Opvolg reeks sal verseker ‘n treffer wees – hier is nog ‘n sukses soos "Song vir Katryn". Dankie!