Het jy gehoor?

Vanaand op Bravo!: Só het ons gekuier by die Mooirivier-première

SARIE het as trotse mediaborg van die nuwe Afrikaanse film Mooirivier gehelp om die film se twee premières – in die Kaap en in Potchefstroom, waar die film geskiet is – te reël.

Bravo! het ook saamgekuier en dié episode word vanaand, 12 Februarie, om 20:00 uitgesaai.

Moet dit nie misloop nie! Hier is die voorskou van vanaand se episode:

Nog op Bravo! vanaand

  • Hulle kuier by aktrise Lika Berning
  • Woon die bekendstelling van die Woordfees op Stellenbosch by
  • Dawid Minnaar gee sy eerste amptelike Bravo!-onderhoud.

Lees ook