Oscar in die Februarie 2013-uitgawe van SARIE FOTO Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

Vandag hoor Oscar Pistorius: Tronk of toesig

Regter Masipa vel vandag haar oordeel oor Oscar Pistorius: gaan hy tronkstraf opgelê word, of gaan hy korrektiewe toesig kry.

Wat gebeur as sy sê tronk?
Gewoonlik gaan die persoon direk tronk toe. Ulrich Roux, ‘n Johannesburgse prokureur vertel aan Die Burger dat Oscar se regspan dan kan aansoek doen om verlof tot appèl en terselfdertyd om borgtog.

Wat gebeur as sy sê toesig?
Hy moet dan direk huis toe gaan – sy oom Arnold se woning in Waterkloof in Pretoria. Ulrich Roux sê dat die staat dan aansoek kan doen om verlof tot appèl teen die vonnis.

Oscar se suster, Aimée, en broer, Carl, het gister met die media vóór die vonnisoplegging gepraat. Lees HIER wat hulle gesê het.

Bron: Netwerk 24

Lees ook