FOTO Instagram / @vanillaiceofficial

FOTO Instagram / @vanillaiceofficial

Het jy gehoor?

Vanilla Ice skei ná 20 jaar

Ice Ice Baby … Iewers in jou lewe het jy al Vanilla Ice, oftewel Robert Matthew Van Winkle, se treffer “Ice Ice Baby” gehoor. En al kan jy nie elke woord onthou nie, is die wysie bekend. Nou gaan die kletsrymer en sy vrou, Laura Van Winkle, ná ’n huwelik van byna 20 jaar skei.

Die paartjie het twee dogters. Hul huwelik was glo stormagtig, berig Billboard. In 2001 en 2008 is Robert gearresteer vir huishoudelike geweld.

Vroeër die week het die akteur Tobey Maguire en sy vrou, Jennifer Meyer, ook aangekondig dat hulle gaan skei. Die paartjie was 9 jaar getroud.

“Ná baie oorweging het ons saam besluit om te skei,” het die vervreemde paartjie in ’n gesamentlike verklaring aan Us Weekly gesê.

FOTO Instagram / @jenmeyerjewelery

FOTO Instagram / @jenmeyerjewelery

Lees nou

Bababoepe by dosyne

Prins William se styl-evolusie

Voller wenkbroue met ’n koekie seep?