variety
Het jy gehoor?

Variety  eer dié vroue in hul 2015 ‘Power of Women’-uitgawe

Variety eer vyf vroue wat hul invloed gebruik om mense in te lig oor belangrike kwessies, berig E!Online. In dié vermaaktydskrif se 2015 “Power of Women”-uitgawe word Kim Kardashian, Lena Dunham, Whoopi Goldberg, Rachel Weisz en Glenn Close geprys.

Elkeen van hulle verskyn dié maand afsonderlik op ‘n voorblad van Variety en deel waaroor hulle passievol is.

1. Kim Kardashian

Kim se pa, Robert, was ’n kankerlyer en het in 2013 gesterf. Die 34-jarige realiteitster is aktief betrokke by die Children’s Hospital Los Angeles: “Ek kan onthou hoe dit was toe my pa siek was. Dan sien jy die kinders … Jy wil iets doen om hulle te help,” het sy aan die tydskrif vertel.

kim kardashian

2. Lena Dunham

Dié Girls-aktrise is betrokke by ’n nie-winsgewende organisasie wat slagoffers van seksuele uitbuiting ondersteun. “Ek is ’n feminis en self ’n slagoffer van seksuele aanranding,” sê Lena.

lena dunham

3. Whoopi Goldberg

Hoewel dié komediant en aktrise nooit self deel van die Ice Capades was nie, help sy om dié droom ’n werklikheid te maak vir minderbevoorregte skaatsers in Harlem. “Wanneer iemand passievol is oor iets, voel ek dis my plig om hulle aan te moedig,” verduidelik die Sister Act-aktrise.

Whoopi Goldberg

4. Rachel Weisz

Opvoeding is bo aan Rachel en Opportunity Network se agenda.”Party kinders kan nie eens die [universiteit se] aansoekfooi bekostig nie, so ons help daarmee,” sê die donkerkop-skoonheid.

Rachel Weisz

5. Glenn Close

Die Damages-aktrise het in 2010 die nie-winsgewende Bring Change 2 Mind gestig om mense in te lig oor geestesteurings, en die stigma wat daarmee saamgaan. Haar suster, Jessie Close, is met ’n bipolêre gemoedsteuring gediagnoseer en haar seun, Calen Pick, ly aan skisofrenie. “Een uit vier mense word deur geestesteurings beinvloed,” laat Glenn van haar hoor.

Glenn Close

Jy kan meer lees in die April-uitgawe van Variety.

Bron: E!Online

Lees ook