FOTO Shutterstock

FOTO Shutterstock

Het jy gehoor?

Veels geluk liewe Bikini, omdat jy verjaar!

Die bikini verjaar vandag en daarom is dit ook vandag bikinidag! Dié ikoniese tweestuk is vandag 70 jaar oud.

Die Franse ontwerper Louis Réard het op 5 Julie 1946 sy gewaagde tweestuk aan die wêreld bekendgestel. Vroeër dieselfde week het Amerika ʼn atoombom-toets gedoen by die Bikini-atol, ʼn groep eilande in die Stille Oseaan. Daar is gehoop dat dié gewaagde swembroek ook ʼn “plofbare” reaksie in die kommersiële mark en popkultuur sal hê – soortgelyk aan die van die atoombom-toets.

Die eerste bikini is vertoon deur die model Micheline Bernardini, ʼn Paryse ontkleedanseres. En die bekendstelling was by ʼn gewilde openbare swembad, Piscine Molitor, in Parys. Louis het aanvanklik gesukkel om ʼn model te kry, maar Micheline het natuurlik geen probleem daarmee gehad om so te sê naak in die publiek te verskyn nie. Soos verwag, het die swembroek die hoofopskrifte gehaal. Dit was onmiddellik ’n treffer, veral onder mans wat byna 50 000 briewe kort daarna aan Micheline gestuur het.

Die tydsberekening was ideaal vir die bikini. Dit was 1946, en maar ’n enkele jaar ná die Tweede Wêreldoorlog. Alles was gerantsoeneer, materiaal ook.

Kort voor lank was die bikini  ʼn sensasie onder jong vroue aan die Mediterreense kus. Maar Spanje en Italië het die dra van dié tweestuk op hul strande verbied totdat dit in 1950 so gewild geword het op Europese strande dat hulle nie anders kon as om die dra daarvan weer toe te laat nie.

Louis se sake-onderneming het groter hoogtes bereik toe konserwatiewe Amerikaners in die vroeë 1960’s ook die bikini begin dra het. Met Kalifornië se branderplank-kultuur, rockers soos die Beach Boys en Brian Hyland wat sing “Itsy Bitsy Teenie Weenie Yellow Polka Dot Bikini” was dit onvermydelik dat die bikini ’n sukses sou wees. En toe aktrise Ursula Andress uit die see gestap kom in ’n James Bond-fliek, was die koeël deur die kerk.

Ursula en die wit bikini wat sy in die 1962-James Bond-fliek, Dr. No, gedra het, het so ʼn groot impak gemaak, dat dit vandag gereken word as die bekendste bikini van alle tye en een van die mees ikoniese mode-oomblikke in rolprentgeskiedenis.

FOTO Shutterstock

FOTO Shutterstock

So groot was die impak dat aktrise Halle Berry die toneel moes nadoen in Die Another Day, 2002 se James Bond-fliek. Dié bikini wat deur die swembroek-vervaardigers Eres gemaak is, was tydens Die Another Day se speelvak in winkels te koop en was ʼn reuse-sukses – al was dit nie saam met die wit belt te kry nie. Die wit belt en mes is deur die kostuumontwerper by die bikini gesit om dit meer outentiek te maak vir ʼn “huldeblyk” aan die ikoniese Ursula Andress-bikini.

Film and Television

FOTO Shutterstock

Bronne: History, Jamesbondlifestyle.com,Wikipedia, Mirror, Daily Mail

 Lees nou:

Suid-Afrikaner lid van Oscar-paneel

Ruimtetuig bereik Jupiter ná 5 jaar

Wimbledon: Gaan Dominika haar eie troue maak?