FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Verneuk Ryan Gosling vir Eva Mendes . . . in Kaapstad?

Hy en die blondine is volgens ooggetuies by die gewilde en trendy eetplek The Grand Beach Café in Grangerbaai, Kaapstad, gesien. Hy met ‘n wolmus en serp sodat niemand hom moet herken nie. Sy het hom volgens die ooggetuies totaal betower.

Ryan (31) en die aktrise Eva Mendes (38) is die afgelope 6 maande al ‘n paartjie, maar die Daily Mail berig dat hy aan vriende verklap het dat hy “tyd nodig het om te dink” oor hul verhouding. Die twee het ontmoet tydens die verfilming van The Place Beyond The Pines, ‘n fliek wat later vanjaar uitgereik sal word. Volgens Eva se publisiteitsagent is die twee steeds saam.

Ryan het voorheen met Sandra Bullock, Rachel McAdams, Blake Lively en Olivia Wilde uitgegaan, en Sandra en Rachel as die “bestes” uitgesonder.

  • Henda

    Se my net hoe hou hy dit met n wolmus en n serp????

  • SHOANA VAN pOTCH

    DIS DIE EEN VAN DIE REDES WAAROM EK SARIE JARE NIE MEER KOOP NIE…wie is lus vir SENSASIONELE skinderstories…..laat dit vir die tyskrif People..WAT GRAAG SKINDERSTORIES OPDIS OF WIE WIL WEET HOE OM `N MAN TE VANG…OF 20 MANIERE HOE OM TE FLIRT…DIE SARIE RAAK NOU NES DIE HUISGENOOT.
    Wat van net opbouende artikels in hierdie negatiewe samelewing, Ons het posititwiteit nodig..IETS RELEVANT OP SUID AFRIKANSERS van SUID AFRIKANERS….OP ONSE MENSE VAN TOEPASSING, Pitlkos vir ons siel. ARTIKELS wat "uplifting" is