Het jy gehoor?

Verraaiers: Nuwe, opwindende Afrikaanse fliek!

SARIE het die stel in die laaste week van verfilming besoek. Dit is in die veld op ’n plaas anderkant Bronkhorstspruit buite Pretoria en dit het kompleet gelyk of ons meer as ’n eeu teruggegaan het in tyd. Die storie speel in 1901 af en oral was vroue in swaar Victoriaanse rokke en Voortrekkerkappies, en mans met veldhoede en Mausers oor die skouer.

Dit vertel die verhaal van Jakobus van Aswegen (Gys de Villiers), ’n gerespekteerde kommandant in die oorlog, wat ná hy gehoor het daar kom konsentrasiekampe, gekies het om eerder huis toe te gaan en sy gesin en plaas te beskerm as om verder teen die Engelse te veg. Sy vrou, Gerda van Aswegen (Rika Sennett), beleef dit as ’n erge vernedering en dit dryf haar tot waansin.

Rika Sennett as Gerda van Aswegen.

Rika Sennett speel die rol van Gerda van Aswegen, Gys se vrou in die fliek.
Gys de Villiers as kommandant  Jakobus van Aswegen
Gys de Villiers in die rol van kommandant Jakobus van Aswegen.

“Ek dink die fliek gaan baie omstrede wees,” sê Sallas de Jager, draaiboekskrywer. “Dis nog ’n rou deel van ons geskiedenis.” Hy het sy inspirasie vir die storie in die boek Boereverraaier deur Albert Blake gekry, maar die draaiboek is nie volledig op dié ware verhaal gebaseer nie. “Dis sowat 50 persent fiksie en 50 persent feite.”

“Dit was ’n groot uitdaging om te sorg dat die stel en die kostuums getrou is aan die tyd,” sê Waldemar Coetzee, kunsregisseur. “Ons het gaan kers opsteek by historici, deur baie ou foto’s van die Anglo-Boereoorlog gegaan en ook museums besoek.” Benewens die stel van die Van Aswegen-gesin se plaas (waar die SARIE-span was), het hulle ook ’n dorp om die Willem Prinsloo-landboumuseum buite Rayton, oos van Pretoria, gebou.

Beáte Olwagen en Hannah BorthwickAndrew Thompson speel ook in die fliek.

Marlé Trotsky, kostuum-ontwerper, het ook museums besoek en na foto’s gekyk om navorsing te doen oor presies hoe die vroue daai tyd gelyk en aangetrek het. “Die klere is donker en swaar,” sê sy.
Die grootste deel van die Verraaiers-span het ook aan die 2011-kunsrolprent Roepman gewerk, wat baie goed ontvang is. “Hierdie keer is die standaard van die produksie in ’n nuwe liga,” sê Sallas. “Ons hoop op ’n Oscar.”

  • Ester

    Ek en my man sal graag as ekstras of aktrise en akteur rolle wil kry in films.

    Sal na die fliek "Verraiers" gaan kyk.

    Ester Byleveldt
    0845149441

  • Anette

    Hoop regtig dit is beter as Roepman, dit het my siek gemaak.

  • Arthur

    Wonder wat sal alles uitpeel as hulle ‘n rolprent moet maak oor die volks veraaiers uit die 90’s. Die Nasionale Party se lakei, Constand Viljoen sal defenetief die hoof karakter wees

  • Jenny Snyans

    Ek kan nie wag om die nuwe opwindende film te sien nie. Ek is so bly daar is weer ‘n oplewing in Afrikaanse musiek en dat dit inval by die "ou" goeie Afrikaanse films van destyds !!!!!
    Ek het die voorreg gehad om ‘n baie belangrike en treffende toneel te mag bywoon (agter die skerms)
    Die Cast sowel as die Crew is absoluut professioneel, hardwerkend, die samehorigheid is fantasties, die hele vibe op die stel was awesome. En Paul Eilers … wat ‘n fantastiese regisseur ! So ook die manlike hoofspeler, Gys de Villiers – begerig om mens meer te leer van die film industrie. Dankie vir almal – ons wag in spanning en ek wil byvoorbaat GELUK sê aan besliste toekennings !!!!!!!

  • Charles

    Dis Charles ek het die karakter gespeel as ‘n wag by die dodesel dit was vir my ‘n vooreg gewees om in die vliek te speel ek kan nie wag vir die vliek om te lons nie mense doen jul self ‘n guns en gaan kyk hom aan oom paul eihler dankie se vir als Verraaiers gaan ‘n groot sukses wees

  • Andreas Meyer

    Speel F.W. die klerk ook in die fliek?