FOTO: verskaf

Het jy gehoor?

Victor Matfield: ‘Ek is dankbaar en nederig’

Victor Matfield toring uit op die rugbyveld en in enige geselskap. Maar dit is nie net sy lenige postuur van twee meter wat hom laat uitstaan nie.

Victor Matfield

Dit is sy aura.

Die stille krag en sjarmante selfvertroue wat hy uitstraal. ’n Formidabele figuur wat ’n span met sy blote teenwoordigheid kan aanvuur. Sy invloedryke leierskap op die veld is legendaries. Hy word gereken as een van die beste slotte ter wêreld, en saam met sy spanmaat Bakkies Botha vorm hulle die beste slotpaar in wêreldrugby.

Van skamerige maar sportmal en talentvolle skoolseun van Pietersburg, nou Polokwane, wat ook in krieket uitgeblink het, het Victor gegroei en uiteindelik die hoogste moontlike sport in rugby bereik.

Sy pa, ’n rugbyafrigter, het hom vroeg-vroeg aan die spel bekendgestel. Hy is in standerd vyf gekies vir die laerskole- Cravenweek as haker. ’n Rugbyloopbaan op dreef …

Victor Matfield, Bakkies Botha en Pierre Spies

Victor se sukses

Hy meen dat harde werk die span kroon. Oor die Wêreldbeker in 2007 onthou hy toe hulle as span vir die eerste keer bymekaar gekom het saam met Jake White, het hy gesê het dat hulle oor vier jaar die trofee gaan wen.

“Dit was ‘n vier jaar lange journey. Ons was ongelooflike vriende en die ouens het baie hard gewerk. Ons was naby aan mekaar. Dit maak dit eintlik net nog meet special om dit saam met virende te kon wen.”

Victor Matfield en Bakkies Botha

Om voor te draf

Dit is vir Victor geensins moeilik om van sy rol as kaptein van die Bulls na die rol van onderkaptein vir die Springbokke te skuif nie. “Om ’n goeie kaptein te wees, moet jy ’n goeie onderkaptein kan wees. Soos wat daar by die Bulls baie senior ouens in die span is wat die leierskap sterk ondersteun, soos Fourie (du Preez, onderkaptein van die Bulls), Gary (Botha) en Pierre (Spies), is dit vir my lekker om by die Bokke vir John Smit daardie ondersteuning te kan gee.”

Victor Matfield en John Smith

Die speler is nooit groter as die spel nie

Victor wil hê sy kinders moet hom onthou as ’n pa wat altyd lief was vir hulle, maak nie saak wat gebeur nie. “Ek dink juis omdat ek nie so erg emosioneel is nie, sal ek enigiets kan hanteer waarmee hulle na my toe kom en dit kan verwerk. By die rugby wil ek onthou word as iemand wat oop is, iemand met wie die ander kan chat. En dat ek nooit groter as die game was, en te belangrik geraak het nie. Ek wil dáár wees wanneer iemand ’n woord van bemoediging nodig het.”

Dankbaar en nederig

“Voor ’n game is ek altyd baie dankbaar. Daar is soveel onverdiende genade en soveel mense wat my daar gekry het; my vrou, kinders en my ouers. En daarom is dit vir my lekker as hulle by ’n game daarin kan deel. Ek is net dankbaar oor alles.”

[box:full:grey:both]

Agter die doellyn is beskikbaar by CUM-boeke en ander toonaangewende boekwinkels teen R139, 95

[/box] [box:full:grey:both]

Hou ook sarie.com dop vir Pierre Spies en Morné Steyn se glorieryke oomblikke in Springbokrugby

[/box]

Volg SARIE op Twitter en Facebook

  • anna Lemmer

    Wat ”n man!!!