Victor en Monja en hul kinders Jaime (voor), Giselle en die nuutste toevoeging tot hul gesin, klein Tasmin
FOTO: Clariza Botha van Platform 451

Victor en Monja en hul kinders Jaime (voor), Giselle en die nuutste toevoeging tot hul gesin, klein Tasmin FOTO: Clariza Botha van Platform 451

Het jy gehoor?

Victor Matfield se vrou Monja: “Mense moet verby sy ouderdom kyk”

Victor Matfield is die kaptein en slot van die Blou Bulle en Springbokke wat al in drie Wêreldbekertoernooie gespeel het.

Sy vrou, Monja, het die volgende te sê oor haar rugby-man en dié wat sy ouderdom kritiseer: “Mense sê soms Victor is op 38 te oud om nog rugby te speel. Ek het in 2014, nadat hy in 2011 as professionele speler uitgetree het, nie vir ’n oomblik getwyfel aan sy suksesvolle terugkeer tot die spel nie. Ek glo in hom – hy is ’n 110%-mens in alles wat hy doen.

As iemand Victor wil kritiseer oor sy ouderdom, sal ek hulle verwys na die statistieke, waar hy uittroon op die veld. Ek dink mense moet maar verby sy ouderdom kyk. Dit is irrelevant. Hy is suksesvol in alles wat hy aanpak met sy buitengewone werksetiek en dissipline.

Die kennis en ervaring wat hy aan juniors bied, kan geld nie koop nie. Rugby is so tegnies, soveel meer as ’n bal en vyftien spelers.”

Lees ook