FOTO: Gallo Images/ Getty Images

FOTO: Gallo Images/ Getty Images

Het jy gehoor?

Victoria Beckham bêre spesiale rok vir Harper

Dit was die aand wat haar toekoms bepaal het. Die ‘koue’ Victoria Beckham wat selde glimlag het aan die tydskrif Stylist vertel dat sy die rok bewaar wat sy op haar en manlief David Beckham se heel eerste afspraak gedra het. Wie het geweet sy is só nostalgies!?

Victoria het onlangs bykans 600 uitrustings uit haar kas verkoop en die wins aan liefdadigheid geskenk – van dié kledingstukke wat onder die hamer gekom het was ook uit haar dae as ’n Spice Girl.

Maar een item waarvan sy nie ontslae kon raak nie, was die oranje suede-rok wat sy gedra het op haar eerste afspraak met David Beckham – wat later haar man en die pa van haar vier kinders sou word.

FOTO: https://twitter.com/victoriabeckham/status/479608296941576192?lang=en @victoriabeckham

FOTO: https://twitter.com/victoriabeckham/status/479608296941576192?lang=en
@victoriabeckham

Sy sê dat sy dié nommer bewaar vir haar 3-jarige dogter, Harper. Sy hou ook haar trourok vir haar dogter.

david beckham victoria beckham

Het jy ook items wat jy vir jou kinders bewaar? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Bron: Daily Mail en Stylist