FOTO Instagram/ @victoriabeckham

FOTO Instagram/ @victoriabeckham

Het jy gehoor?

Victoria bieg: My mikrofoon was af

Hulle het die wêreld oorrompel: Ginger Spice, Scary Spice, Sporty Spice, Baby Spice en Posh Spice. Met 80 miljoen albumverkope wêreldwyd het die Britse popgroep Spice Girls hul merk in die geskiedenis gemaak. Maar “Spice Up Your Life”, want Posh het nooit gesing nie! Ja, jy hoor reg, sy het tydens die Spice Girls-konserte toe al die tyd net gemáák of sy sing.

En om te dink almal het dit eintlik heeltyd vermoed …

Maar vir die eerste keer het Victoria Beckham (Posh Spice) dit self erken. By die uitstalling van Vogue se Vogue 100: A Century of Style in Londen het sy gebieg dat sy inderdaad ge-lipsing het. Tydens konserte was Posh Spice se mikrofoon glo afgeskakel, en wanneer die paar sololyne gekom het, het Victoria net kamma-kamma gesing.

Die onthulling kom net enkele weke voor die groep die 20ste herdenking van hul eerste treffer-liedjie, “Wannabe”vier.

“Hulle het my (mikrofoon) afgesit en net die ander laat sing. Vandag lag ek laaste, want nou is my mikrofoon werklik aangeskakel, uiteindelik”, het Victoria gesê, berig Business Standard.

Vandag word sy beslis gehoor.

Op 17 het Victoria die skool verlaat en verder studeer aan die Laine Theatre Performing Arts Centre in Engeland. Sy het in 1993 haar oudisie afgelê om deel te word van ’n nuwe popgroep, Spice Girls, nadat die oudisies in die teaterkoerant The Stage geadverteer is.

Die groep se paaie het in 2000 geskei. Daar was reeds twee reünies, die eerste in 2007 en die tweede in 2012 by die afsluitingskonsert van die Olimpiese Spele in Londen. Ná  ʼn onsuksesvolle solo-loopbaan was dit uiteindelik Victoria se passie vir mode wat haar as ʼn styl-ikoon gevestig het. Die Victoria Beckham-handelsmerk is vandag £30 miljoen (sowat R655 miljoen) werd.

FOTO: Gallo Images/ Getty Images

FOTO Gallo Images/ Getty Images

 

Sy is al vir 17 jaar getroud met die sokkersensasie David Beckham. Saam het hulle vier kinders, Brooklyn, Romeo, Cruz en Harper, almal reeds ingeburger in die modewêreld.

Brooklyn (16) het al sy talent as fotograaf begin ontwikkel. Hy het die veldtog vir Burberry-parfuum gedokumenteer en as model het hy al op Teen Vogue se voorblad gepryk. Romeo (13) het as model in ’n Burberry-veldtog verskyn. Ons sal moet kyk of die jongste boetie, Cruz (10), in hul voetspore gaan volg of soos sy pa gaan sokker speel. Harper, wat maar net vier is, het reeds aandag getrek in die modewêreld en daar het selfs ’n profiel oor haar in The New York Times verskyn.

Hier’s twee Spice Girls-musiekvideo’s om jou te help om oor die skok te kom

Lees nou

90’s-supermodelle: toe en nou

Cate Blanchett se nuwe rol

Só mooi! ’n Modeparade in Havana se hoofstraat

20160429_VGB Tag