FOTO: Instagram victoriabeckham

FOTO: Instagram victoriabeckham

Het jy gehoor?

Victoria Beckham gekritiseer oor maer modelle

Die mode-ontwerper Victoria Beckham, wat vroeër dié week haar nuutste reeks by die New York Modeweek gewys het, is op almal se lippe. Maar dis nie haar klere wat mense aan die praat het nie, wel die “maer modelle” wat dié klere gedra het berig Entertainment Tonight

Talle joernaliste, plusgroot modelle en invloedryke mense in die modebedryf meen Victoria moet voller en gesonder modelle op die loopplank sit. Hulle voel ook sy het ’n verantwoordelikheid om nie ongesonde idees van skoonheid te bevorder nie.

#VBSS16 x vb @riannevanrompaey

A photo posted by Victoria Beckham (@victoriabeckham) on

Die publiek was ook duidelik ontevrede en het hul stem op sosiale media dik gemaak.   The Daily Beast voel egter dis onregverdig dat Victoria uitgesonder word, aangesien die meeste ander ontwerpers ook maer modelle gebruik.

  Volgens Reuters het Frankryk in April vanjaar ’n wet ingestel wat keer dat sulke maer en ongesonde modelle gebruik word. Oortreders word glo met reuse-bedrae beboet.

Dink jy Victoria se modelle is te maer?

  • JA
  • NEE

Bronne: Entertainment TonightThe Daily Beast en Reuters

Lees ook