FOTO: Gallo Images/ Getty Images

FOTO: Gallo Images/ Getty Images

Het jy gehoor?

Victoria Beckham kuier in Kaapstad

Voormalige Spice Girl en mode-ontwerper Victoria Beckham het die afgelope naweek in Kaapstad aangeland om liefdadigheidswerk te doen.

Dié suksesvolle ontwerper en ma sluit by die liefdadigheidsorganisasie Born free Africa aan. Dié organisasie skep bewustheid oor hoe die MI-virus van ma’s na hul babas oorgedra kan word, berig Die Burger. Sy het Saterdagaand op Twitter gesê sy is op pad Suid-Afrika toe.

FOTO: Harper ondersteun haar ma by die New Yorkse Modeweek

Born free Africa wil teen Desember 2015 die oordrag van die MI-virus tussen ma’s en hul babas uitwis.

FOTO Instagram @missalamodeuk

Victoria se gesin, Brooklyn, Romeo en Cruz en hul sussie Harper op pa David se skoot, ondersteun Victoria by die New York modeweek
FOTO Instagram @missalamodeuk

Bobbi Brown hou vakansie in Suid-Afrika

Volgens Die Burger het dié organisasie 23 ontwerpers, wat ook almal ma’s is, gevra om klere vir ’n spesiale modereeks te ontwerp.

Brooklyn Beckham saam met sy ma op die rooitapyt

Dié reeks, wat uit ontwerpe van onder andere Victoria Beckham, Donnatella Versace, Carolina Herrerra en Vera Wang sal bestaan, gaan later vanjaar aanlyn verkoop word. Kyk HIER na foto’s van Victoria by die Kaapstadse lughawe.

BRON: Die Burger