vic
Het jy gehoor?

Victoria Beckham voel ook maar soos ons + Kry haar styl

Alhoewel sy alle hulpbronne tot haar beskikking het, het die voormalige Spice Girl en vrou van die sokkerster David Beckham gesê selfs sy voel skuldig wanneer sy haar kinders moet agterlaat en gaan werk.

Dié ma van vier, die 14-jarige Brooklyn Joseph, 10-jarige Romeo James, 8-jarige Cruz David en die 2-jarige roos onder die dorings, Harper Seven, sê in die onderhoud wanneer jy eers sukses bereik het, raak dit regtig moeilik, want jy wil daar bly. “Dan begin die harde werk eers.”

Victoria Beckham

Vicoria saam met haar jongste, Harper (nou 2 jaar oud), net ná haar geboorte.

Só kry jy welige wenkbroue soos Victoria

Die 39-jarige mode-ontwerper het gesê dit is ‘n groot taak om ‘n werkende ma te wees en na jou gesin om te sien. “Miljoene vroue reg oor die wêreld doen dit elke dag, maar dit is nie maklik nie en jy voel skuldig elke keer as jy by die deur uitstap om te gaan werk.”

Raad van werkende ma’s

Kry haar styl

Kant – soos dié op Victoria se bostuk op die voorblad van Vogue (hooffoto) – is besig om die modewêreld oor te neem. Alhoewel dit ‘n baie vroulike en romantiese materiaal is, is die tendens om dit meer edgy te dra in verskillende kleure en met stywe materiale af te wissel – soortgelyk soos Victoria s’n. Dié kant sal jy ook nie tussen ouma se afvallappe kry nie. Dit strek van handgemaakte macramé tot lasergesnyde katoen.

Britse sangeres Adele in ‘n wasbeeld vasgevang

Die Suid-Afrikaanse ontwerper Stefania Morland se kant-skeppings tydens vanjaar se Mercedes-Benz Modeweek in Johannesburg:

Internasionale ontwerper John Rocha se skeppings vir Somer/Lente 2013 by die Londense Modeweek:

Só dra jy kant

  • Die beste maniere om dié kant-trend te dra is as detail of ‘n laag-op-laag-voorkoms.
  • Vir die wat meer waaghalsig is, kan ‘n hele kant-uitrusting in ‘n helder kleur gedra word.
  • Kant kom tot sy reg as jy helder of metaalkleurige skoene daarby dra.
  • Die sêding “goedkoop koop, is duur koop” is veral gepas by dié materiaal. Goedkoop kant, of klere met kant wat nie mooi afgewerk is nie, kan baie vinnig goedkoop lyk. Kies eerder items van ‘n hoë gehalte.
  • Pas jou kant-kledingstuk mooi op! Probeer om nie juweliersware of ander bykomstighede te dra wat daaraan kan haak nie. Was dit eerder met die hand of op ‘n ligte siklus in die wasmasjien.

Kry jou kant-uitrustings binne die SARIE-winkel

Langmourok van kant Midi lace dress

Langmourok van kant van Silk Orchid                                      Kant-midi-rok van Silver Spoon

Carla Maxi Dress With Lace Bodice

“Carla Maxi Dress with lace bodice” van Michelle Ludek

‘n Paar helder hakskoene saam met ‘n kant-uitrusting in ‘n neutrale kleur sorg vir ‘n tikkie drama:

Zelene skoene Colourblock Peep-toe Sandals

 “Zelene Heels” van Zoom                                          “Colourblock peep-toe sandals” van Sam Star

Classic High Heel Shoes “Classic high heel shoes” van Sissy Boy