Het jy gehoor?

Beckhams vier 14de huweliksherdenking met boeresport!

Die paartjie het in 1999 getrou by die Luttrellstown Kasteel in Ierland. Dié troue word steeds onder die duurstes nóg gereken. David, wat vroeër vanjaar as die beste pa aangewys is, het vanjaar ook sy aftrede van sokker aangekondig. Daar is gerugte dat hy ook ‘n mode-ontwerper soos Victoria wil word.

Kyk hier na die 8 duurste troues nóg!

Die paartjie het vanoggend by hul jongste seun, Cruz, se skool in Londen aan boeresport deelgeneem. David wat by dié ‘sportdag’ aan die pa’s se 100m-resies deelgeneem het, en stof in die ander pa’s se oë geskop. Hy het gewys hy is steeds fiks en dié resies ver gewen.

En die beste pa is … David Beckham

Victoria het haar hoëhakskoene uitgetrek en aan die ma-resies deelgeneem. Sy het verloor, maar haar vriendin en mede-ontwerper Stella McCartney het dié resies gewen. ‘n Ouer het gesê die paartjie is plat op die aarde en soos enige ander ma en pa.

VIDEO: David Beckham wys gespierde lyf in nuwe advertensie

Hier is ons gunsteling David en Victoria foto’s deur die jare:

Hul troudag in 1999. Dit het ‘n koninklike tema gehad!

Die baie stylvolle paartjie. Albei word gereeld aangewys as bes gekleede.

Links: Poppe is van dié twee gemaak.

Regs: Hulle span uit in Beijing.

Met die geboorte van hul enigste dogter, Harper.

En hul gunsteling hond, Coco