FOTO: Instagram (@adelinemocke)

FOTO: Instagram (@adelinemocke)

Het jy gehoor?

VIDEO: Adeline Mocke wys haar kêrel

Die voormalige SA Idols-deelnemer Adeline Mocke, wat deesdae in Amerika woon, het onlangs saam met haar kêrel, Zachary Staben, in die Dominikaanse Republiek gaan vakansie hou.

Sy het foto’s én ’n video van hul romantiese vakansie op Instagram gedeel.

A photo posted by @adelinemocke on

A photo posted by @adelinemocke on

Adeline het drie jaar gelede na die VSA getrek en doen meestal modelwerk daar. Tog het sy vroeër vanjaar aan SARIE.com vertel musiek is steeds haar grootste passie. Adeline het vroeër vanjaar haar eerste musiekvideo in die VSA geskiet.

Sy floreer as model in Amerika en het onder meer die gesogte Amerikaanse Miss Swimsuit-kompetisie gewen, en danksy prestasies soos dié kon sy ’n groenkaart kry.

Zachary woon in Kalifornië en is ook ’n model. Hy was ook in 2012 deel van die gewilde Amerikaanse realiteitsprogram Fear Factor.

Lees ook