Het jy gehoor?

Video: Amor gesels op TV

“Dit wat ek die meeste geniet, die eerste beste ding in my lewe nou, is om tyd saam met my kinders te spandeer. Om ‘n ma te wees,” sê Amor Vittone.

“Verder is dit lekker om soms in my nagklere rond te lê, ‘n glas wyn te drink as die kinders slaap. Ek hou daarvan om flieks te kyk, en ‘n pizza te eet.”

Oor of sy nog rugby kyk…

“Nee. Nie regtig nie. Maar dis nie asof ek ooit geweet het wat daar aangaan nie. Ek’t altyd gevra: Hoekom is hulle onkant? Hoekom doen hulle dit? Maar ek’s ‘n sportliefhebber. My pa het professioneel sokker gespeel.”

En as die media haar onderkry?

“Ek omring my met goeie mense, mense met positiewe energie. Daar brand baie kerse oral in my huis. Ek vat me time waar ek gaan stap, in ‘n bad lê en tyd saam met die kinders spandeer.”

Om die hele onderhoud te kyk, klik op die video