ashwin willemse
Het jy gehoor?

VIDEO: Ashwin Willemse – Van gangster tot Springbok-rugbyspeler

Ashwin Willemse is ’n voorbeeld van hoe sport jou hele lewe kan verander. In ’n video deur die biervervaardiger Guinness wat onlangs die lig gesien het, vertel hy hoe hy as jongman ’n swendelaar en gangster was. Tot rugby sy lewe verander het.

Hy was jonk en het sonder ’n pa grootgeword, die perfekte prooi vir gangsters. Voor hy hom kon kry, het hy die tatoe gekry en was hy deel van die Young Americans. Hy moes hul vuilwerk doen en al het hy besef daar kan niks goeds van kom nie, was hy reeds te diep betrokke …

Ashwin het rugby as verskoning begin gebruik om die gangsters te ontduik. Daar het hy besef wat ware broederskap is en wat dit beteken om vir mekaar om te gee en as ’n span saam te werk.

Die inspirerende video sal jou beslis met ’n knop in die keel laat.

Welgedaan Ashwin, ons is baie trots!

Lees ook