avril lavigne
Het jy gehoor?

VIDEO: Avril Lavigne se nuwe liedjie genereer fondse vir goeie doel

Al die wins van sangeres Avril Lavigne se nuwe liedjie, “Fly”, sal aan die Spesiale Olimpiese Spele (vir intellektueel gestremde kinders en volwassenes) geskenk word, berig E!Online.

Die enkelsnit, wat gister bekend gestel is, het ’n sterk, inspirerende boodskap: “Sprei jou vlerke … dit is jou tyd om uit te blink … dit is jou tyd om te vlieg,” gaan die refrein.

A photo posted by Avril Lavigne (@avrillavigne) on

Talle spesiale atlete is in die video te sien: “Ek wou hê die atlete moet die sterre van die video wees … om vir die wêreld te wys dat hulle enigiets kan baasraak en dat almal bestem is om uit te blink,” het Avril gesê.

Die 30-jarige “Smile”-sangeres is vroeër vanjaar met Lyme-siekte gediagnoseer nadat ’n bosluis haar gebyt het: “Ek was vyf maande bedlêend … ek het gedink ek gaan dood,” het sy aan People vertel.

Tog bly Avril positief: “Ek glo dat ek sterker en gesonder aan die ander kant gaan uitkom. Die liedjie het nuwe betekenis gekry terwyl ek siek was.”

Kyk gerus na dié inspirerende video

Bronne: E!Online en People 

Lees ook