FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

VIDEO: Beyoncé sing saam met blinde meisie

Beyoncé Knowles het Vrydagaand een van haar Australiese aanhangers se jaar gemaak toe sy haar gevra het om saam met haar te sing.

Die duet tussen Beyoncé en die blinde 13-jarige meisie het op YouTube verskyn en is besig om soos ’n veldbrand te versprei. Beyoncé het van die verhoog af met Sophie Kotkis gepraat. Sy is blind en het gehoor- én spierfunksie-probleme.

Die 32-jarige Beyoncé het by haar gekniel en aan die skare gesê: “Ek het ’n baie spesiale meisie hier by my.” Beyoncé het haar gevra om saam met haar die liedjie “Irreplaceable” te sing.

Sophie was volgens Now Magazine baie verras en het dít glad nie verwag nie. Haar ouer suster Ellie het dit gereël. Ellie het 7 maande voor die tyd ’n video van haar dapper sussie gemaak en dit aan Beyoncé gestuur. “Sy kon weens logistieke redes nog nooit na ’n konsert toe gaan nie, daarom het ek die video gemaak,” het Ellie gesê.

Ellie het in die video vertel hoe haar tienersuster meer as $1,000 (ongeveer R10 500) ingesamel het vir mense met sklerose en dat iemand so “amazing” soos haar suster dit verdien om iemand so “amazing” soos Beyoncé te ontmoet.

Kyk hier na dié video:

Bron: Now Magazine