bierbrood
Het jy gehoor?

VIDEO: Bier-en-biltongbrood

Warm brood op die tafel laat nie net botter smelt nie, maar ook die harte van die gaste om die tafel. Warm brood vra min moeite en genoeg liefde. Hier is ’n baie maklike bier-en-biltongbrood. Perfek saam met die naweek se braai!

Jy het nodig

• 500 g-sakkie bruismeel
• 180 g beesbiltong, in skywe gesny
• 375 ml (1 bottel) bier

_MG_9628

Stap 1

Verhit oond tot 180ºC. Plaas meel in mengbak en voeg bier by.

_MG_9637

Stap 2

Voeg biltong by. Roer met ’n houtlepel totdat alles goed gemeng is.

_MG_9649

Stap 3

Skep beslag in ’n broodpan van 21 x 11 cm wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak vir 35 – 40 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.

Sit warm voor met koue bier, botter en nog biltong vir bo-op!

_MG_9772