FOTO Leana Clunies-Ross

FOTO Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

VIDEO: Bobby dans saam met lugredery!

Die Afrikaanse sanger Bobby van Jaarsveld het beslis ritme! ’n Lukrake uitdaging, wat soos ’n veldbrand oor die kuberruim versprei het, het die personeel van verskeie SA lugrederye aan die dans gekry. En nie op enige lied nie, maar ’n 90’s-treffer!

Tydens ’n #RunningManChallenge sal ’n groep spontaan dans op die lied My Boo deur Ghost Town DJ’s en dan soortgelyke groepe of teenstanders uitdaag om dieselfde te doen. So het onder meer polisiedepartemente in New York, Skotland en Londen dit al gedoen, asook ambulansdienste en brandweermanne die wêreld oor. En in Suid-Afrika het plaaslike lugrederye behoorlik heup geswaai.

Dit was saam met Mango dat Bobby voor ’n vliegtuig gedans het.

SKERMGREEP Youtube

SKERMGREEP Youtube

SKERMGREEP Youtube

SKERMGREEP Youtube

Die lugredery FlySafair het die voortou geneem en toe vir Mango en Kulula uitgedaag. Almal het uitgehaal en gewys.

FlySafair

Mango

Kulula

Bobby verskyn op die voorblad van SARIE se Julie-uitgawe, te koop vanaf Maandag 13 Julie.

JULie cover bobby van jaarsveld

Moet dit nie misloop nie!