Het jy gehoor?

VIDEO: David Beckham wys gespierde lyf in nuwe advertensie

Kan David Beckham die volgende aksieheld wees? Wel, as ons dié advertensie kan glo, lyk dit wel so.

In die advertensie sien David sy gesin in hul inrit af, maar sy kamerjas word in die proses in die motor se deur vasgeknyp en van sy lyf getrek. In wit slippers, ’n moulose hempie en ’n rekbare onderbroekie sit hy dié motor agterna.

David Beckham in die nuwe H&M-advertensieDavid Beckham in die nuwe H&M-advertensie

In ware Guy Ritchie-styl (hy is die regisseur van aksiefilms soos Snatch en Sherlock Holmes) is dié kort advertensie vol aksie.

Guy Ritchie (wat met Madonna getroud was) was in sy skik met dié 37-jarige sokkerster. “David is die perfekte hoofspeler. “Die advertensie moes oorspronklik net 30 sekondes gewees het, maar Guy het besluit om eerder ’n veldtog daarvan te maak en het ‘n langer advertensie geskiet.

David Beckham in die nuwe H&M-advertensie

En David is net so gelukkig met sy regisseur. “Dit was ’n fantastiese ervaring om saam met Guy te werk. Ek hoop almal wat dit kyk het net soveel pret soos wat ek gehad het terwyl ons dit geskiet het.”

Ons wonder wie die oulike bulhond in die advertensie is (links). Dit lyk darem baie soos die Beckhams se geliefde hond, Coco (regs).

Bulhond in die H&M-advertensieCoco

Dié advertensie (kyk dit hieronder) is vir David se eie onderklere-reeks vir die Sweedse maatskappy H&M.  

En as dié advertensie nog nie jou hart vir Becks laat smelt het nie, sal sy nuwe pienk sokker-toks dalk. Hy het dít ontwerp vir Adidas met sy eenjarige dogtertjie, Harper, in gedagte. En nou is dit sy gunsteling skoene op die veld.

Harper by haar ma en paAdidas Predator LZ David Beckham

FOTO-bron: Victoria se Twitterblad

  • Ou tannie

    Jong, ek is nou nie hierdie man se grootste ‘fan’ nie, maar op die einde van die advertensie staan hy so en die kar agter na kyk en dan knyp hy so sy boudjies saam….en ek moet sê ek geniet nogal heelwat wanneer hierdie advertensie op die tv wys;)