VIDEOGREEP: YouTube

VIDEOGREEP: YouTube

Het jy gehoor?

VIDEO: Dít laat jou twee keer oor dakloses dink

Vra jy jouself soms af hoe haweloses op straat beland het? Of wat hulle gedoen het voordat hulle dakloos was? Dié video wil dié vrae beantwoord …

Die Amerikaanse organisasie Rethink Homelessness het dakloses in Orlando gevra om op ’n stuk karton te skryf waarom hulle dakloos is. En sommige antwoorde verras jou nogal – een het al robotte gebou, ’n ander kan 4 tale praat.

Maar elkeen se lewe het ’n wending geneem om hulle in dié situasie te laat beland – hetsy ’n vrou wat uit ’n mishandelende verhouding ontsnap het, of ’n siekte.

Dié video laat jou twee keer oor dakloses dink …