FOTO: Facebook @

FOTO: Facebook @

Het jy gehoor?

VIDEO: Dolly Parton sing duet saam met downsindroom-lyer

Die country-sangeres Dolly Parton het ’n 12-jarige downsindroom-lyer se droom laat waar word toe sy onlangs ’n duet saam met Gage Blackwell gesing het, berig HELLO! 

Dié twee was by ’n restaurant in Dolly se Dollywood-pretpark waar hulle gesels en gesing het.

Gage se ma, Lynnae Blackwell, het aan TODAY.com. gesê: “Woorde kan nie beskryf hoe baie dit vir Gage en ons familie beteken dat hy Dolly kon ontmoet nie.

“Gage is baie lief vir country-musiek. Dit was vir my ’n riem onder die hart om te kon sien hoe hy met iemand van Dolly se kaliber optree,” het sy bygevoeg.

Gage was natuurlik self ook opgewonde oor sy ontmoeting met die musiek-ikoon: “Dit was die beste. Ek is lief vir Dolly. Ek wil met haar trou!” het hy via Facebook laat hoor.

Die ontmoeting is moontlik gemaak nadat iemand by Gage se skool ’n video gesien het waarin hy sê dat hy graag vir Dolly wil ontmoet, en binne dae is ’n datum vasgestel.

Kyk hiér na die video waarop mense al meer as miljoen keer geklik het

Bron: HELLO!

Lees ook