Paul Walker as die gesig van Davidoff Cool Water

Paul Walker as die gesig van Davidoff Cool Water

Het jy gehoor?

VIDEO: Huldeblyk aan Paul Walker

Die Fast & Furious-span het dié video-huldeblyk vir Paul gemaak wat in al 7 van dié filmreeks se rolprente speel.

Die 40-jarige Paul Walker het Saterdag, 30 November, in ’n motorongeluk gesterf.

Volgens CNN was hy sowat 200m van die gebou waar hy ’n liefdadigheidsfunksie bygewoon het toe die rooi Porsche waarin hy ’n passasier was, beheer verloor en aan die brand geslaan het.

Die lykskouing is afgehandel en dit is beslis Paul het gesterf aan die gekombineerde gevolge van trauma en termiese beserings. Dit beteken die slag van die motor was nie genoeg om sy dood te veroorsaak nie, maar dat hy ’n vlammedood gesterf het. Die bestuurder van die motor, sy vriend Roger Rodas, is op slag dood.

Bron: The Independent