FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

VIDEO: Jonah Lomu se lewe in 2 minute

Ons was vanoggend geskok toe ons hoor dat die rugbyheld Jonah Lomu oorlede is.

Lees meer HIER oor die omstandighede oor sy dood

Dié video van Jonah se lewe word nou op sosiale media gedeel. Hierin sê hy:

The game is like life: It is a short way of living your life fast

Die video is die lokprent vir ’n dokumentêr oor sy lewe Anger Within. 

Hy het in ’n onderhoud in Augustus vanjaar met Mail on Sunday gesê hy veg vir sy lewe en wil graag sy kinders se 21ste verjaarsdae sien.

Jonah het aan die seldsame niersiekte Nefrotiese sindroom gely. Hy het ’n nieroorplanting in 2004 ondergaan, maar sy liggaam het dié nier later verwerp. Hy moes vir die afgelope 10 jaar dialise ondergaan.

Dié sindroom beteken gewoonlik dat ’n persoon se proteïenvlak in die urine hoog is, terwyl die proteïenvlak in die bloed laag is.

 

Jonah word oorleef deur sy vrou, Nadene Quirk en sy kinders, Brayley (6) en Dhyreille (5).

FOTO:  NZ Herald

FOTO: NZ Herald