Jude Law
Het jy gehoor?

VIDEO: Jude Law se seun maak fliek-debuut

Jude Law en die aktrise Sadie Frost se oudste seun, Rafferty Law, het sy mode-film-debuut in ’n advertensie vir die Sweedse handelsmerk Tiger of Sweden gemaak.

In dié advertensie word Rafferty (17) as Raffi bekendgestel en is deel van 6 ander opkomende sterre wat die betekenis van die woord “cut” bespreek. Hier is die advertensie:

Dit is nie die eerste keer dat Rafferty die modewêreld se aandag trek nie. Hy het verlede jaar in die Britse Vogue sy lyf model gehou. Klik hiér om na foto’s van dié fotosessie te kyk!

Jude en Sadie het mekaar destyds op die stel van die fliek Shopping ontmoet en is in 1997 getroud. Hulle het 3 kinders, Rafferty (17), Iris (13) en Rudy (11). Ná 5 jaar van getroude lewe is hulle in 2003 geskei. In dieselfde jaar het Jude op die stel van die fliek Alfie op sy mede-ster Sienna Miller verlief geraak. Hulle is ’n jaar later verloof, maar het in 2006 hul verhouding beëindig nadat sy bewus geword het van Jude se buite-egtelike verhouding met sy kinders se oppasser.

Jude het in 2009 vir die vierde keer pa geword ná ‘n warrelwind-romanse met die model Samantha Burke.

Bron: Vogue