hero
Het jy gehoor?

Justin Bieber ongenooid by hoërskooldans

As jy Justin Bieber is, het jy nie ’n uitnodiging nodig nie! Die 21-jarige “Baby”-sanger het ongenooid by ’n Amerikaanse hoërskooldans opgedaag en niémand het gekla nie, berig billboard.

Justin het verlede Saterdag leerders van Chatsworth Charter High School verras. Van die meisies het darem gou genoeg oor hul skok gekom om met hom te dans.

“Ek het met Justin Bieber gedans,” het een meisie op Twitter geskryf. ’n Ander aanhanger het weer getwiet: “Dankie dat jy na ons dans toe gekom het, Justin Bieber”.

Justin het verskeie van dié boodskappe met sy meer as 61 miljoen volgelinge op sosiale media gedeel.

Bron: billboard

Lees ook