Kate en George by hul aankoms in Nieu-Seeland verlede jaar FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kate en George by hul aankoms in Nieu-Seeland verlede jaar FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

VIDEO: Kate speel krieket in haksoene

Kate Middleton het gewys waar haar talente lê toe sy in Christchurch as deel van die koninklike toer voor die paaltjies gestaan het – en dít in hoëhakskoene!

In haar swart hakke en rooi uitrusting het sy met selfvertroue die geel krieketkolf geslaan. En prins William was die bouler!

Volgens Hello! kon sy so twee of drie van die balle raakslaan wat haar man geboul het, wat vir groot applous gesorg het. Maar op dié video sien ons dat William ook nie altyd ‘skoon’ gespeel het nie en die bal hoog geboul het.

Dié paartjie het die geleentheid bygewoon wat volgende jaar se krieket Wêreldbeker bemark het. Dít is nie die eerste keer tydens die toer dat Kate en William in kompetisie is nie. Dié paartjie het ook teen mekaar resies gejaag op seiljagte, en Kate het met die louere weggestap – lees HIER meer oor Kate se oorwinning.

Is Kate weer swanger?

William het glo aan ’n aanhanger verlede week gesê nadat sy ’n kombersie vir prins George gegee het, dat hulle dalk binnekort nóg een gaan nodig hê, berig Hello!. Dié opmerking van William het gesorg dat gerugte van ’n tweede baba weer opgevlam het. 

Maar net die dag daarna het Kate en William van Nieu-Seeland se beste wyne geproe en dié gerug hokgeslaan.

Nóg foto’s van die geleentheid

Kate en William ontmoet die skare

 

 

 

 

Bron: Hello!