Khloé Kardashian
Het jy gehoor?

VIDEO: Khloé Kardashian werk hard vir haar vietse lyf

Toe die realiteitster Khloé Kardashian op die voorblad van Women’s Health pronk, was dit duidelik dat sy lank nie meer die “vet” suster, soos sy gereeld na haarself verwys het, is nie. Hier is ’n kykie na haar oefenprogram. 

Die 31-jarige het dié video van 15 sekondes met haar meer as 16 miljoen Twitter-volgelinge gedeel. Dit gee jou ’n vinnige kykie na die verskillende oefeninge wat sy doen om vorm te gee aan haar kenmerkende kurwes.

Wanneer Khloé nie in die gim oefen nie, oefen sy en haar suster Kourtney graag saam.

A photo posted by Khloé (@khloekardashian) on

Baie jong meisies sien Khloé as ’n rolmodel: “Jy motiveer my. Welgedaan, jy lyk goed!” het ’n aanhanger op haar Facebook-blad geskryf.

Lees ook