kimkardashian_wedding_enews
Het jy gehoor?

E! News-video: Kim Kardashian se troue

Ryan Seacrest, bekende E! Entertainment- en American Idols-aanbieder asook die vervaardiger van die realiteitsreeks, Keeping Up With the Kardashians, was een van die gaste by Kim se troue en het vanoggend dié E! News-insetsel via sy Twitterblad bekend gestel. 

Die troufoto’s is eksklusief aan People Magazine verkoop teen ‘n geraamde bedrag van sowat R18 miljoen.

Volgens styleite.com was alles by die bruilof uit die boonste rakke – van Kim se Vera Wang-trourok, die koek deur die gesogte Hansen’s Bakkery en die Perrier Jouet-sjampanje. Die blomme het sowat R14 miljoen gekos.

In die program wat by die seremonie uitgedeel is, het Kim dié boodskap aan haar pa geskryf: “Ek wens my pa kon vandag hier wees, maar tog weet ek hy is op ’n manier wel hier.” Haar pa is in 2003 aan kanker oorlede. Haar stiefpa, Bruce Jenner, het haar in die paadjie afgelei.

Onder die gaste was Eva Longoria, Venus en Serena Williams, Demi Lovato, Avril Lavigne, en Mario Lopez.

Gaan na www.eonline.com vir al die inligting en nóg foto’s van die spesiale dag. Kyk ook watter uitrustings haar ma en susters gedra het.

Kyk hier na die E! Entertainment-video van Kim en Kris se spesiale dag:

Volg SARIE op Twitter en Facebook

  • Elaine

    Regtig – wie gee ‘n snars om vir Kim Kardashian se troue? Wie is sy nou so kastig en spesiaal? Net ‘n tipiese ou publisteitsvraat en oppervlakkige kollig-tert. Moenie hier ook nog aan haar publisiteit gee nie. Dit maak my NAAR.

  • Nicolene

    Ek dink sy is stunning!! Sy is vreeslik mooi en het ‘n baie mooi persoonlikheid. Ek wêns hulle alles van die beste!!!

  • Ina

    Ek stem saam Elaine, daar word soveel publisiteit aan haar gegee dat sy haar verbeel sy is ‘n koninklike!

  • Lorin

    If you want to get read, this is how you suohld write.