christa_steyn_konsert
Het jy gehoor?

VIDEO: Top-pianiste speel op konsert vir Christa

Coenie de Villiers, Janine Neethling, Roelof Colyn, Jaconell Mouton en Johan van Rensburg tel onder die pianiste wat onlangs aan die 20 Hande, 1 Hart-konsert op Potchefstroom deelgeneem het. Hulle is met die hand deur Christa self uitgekies.

Die stampvol Sanlam-ouditorium was uiteraard daar vir die musiek, maar die pianiste het die gehoor ‘n spesiale blik gegee op die invloed wat Christa op hul loopbane gehad het – en steeds het. Of hulle op ‘n jong ouderdom deur haar geïnspireer is om klassieke musiek te studeer of vir lange jare ‘n kollega was, almal is dit eens: Christa het hulle geïnspireer, en inspireer hulle steeds.

Sy was ongelukkig te siek om die vertoning self by te woon, maar ‘n allemintige R100 000 is by die geleentheid ingesamel.

Die ander pianiste wat ook gespeel het, was Wessel van Wyk, Clinton Zerf, Ramon Alexander, Truida Olivier en Melissa van der Spuy.


  • Hendrina Lambert

    So wonderlik om te sien mense staan Christa soo pragtig by met soveel empatie! Julle mense is wonderlik!en ek weet die Liewe Heer sien alles raak! Lovies xx

  • Carina Meyer

    Ons het die konsert bygewoon. Dit was ongelooflik mooi! Die kunstenaars het hul baie goed van hul taak gekwyt. Is so dankbaar dat ons kon deel wees hiervan.

  • Amanda du Plessis

    Ek was Saterdagaand by die konsert, was hartroerend mooi. Dankie aan al die begaafde kunstenaars, ek wou met tye huil Baie sterkte aan Crista, jy is in ons gebede

  • Wanda du Plessis

    Wonderlike gebaar wat pragtige musiek voortbringl Al my simpatie met Christa – onthou net Christa, indien jy voor my tot sterwe sou kom, het jy net die vroeër vlug gehaal, my vlug wag net vir joune om op te styg sodat ek ook oppad kan wees om my bestemming te bereik en jy my daar sal verwelkom.

    Sterkte wat vir jou voorlê en jou musiek sal altyd by ons bly en so jou lewensvlam aan die lewe hou in ons pragtige land en onder ons pragtige mense.

  • Amanda du Plessis

    Skuusie, regstelling (klein spelfoutjie) Christa (nie Crista)
    Sterkte Christa

  • M. Prinsloo

    Wow, pragtig!

  • Ivan

    Congratulations! Something to put under your hat for later is whether or not fnimrog an LLC would be a logical next step. I know for me, I started out thinking that it would be so small that such formalization wouldn’t be necessary, however I was wrong as it quickly grew leaps and bounds more than what I was prepared for tax-wise. I’m so excited to see your listings and watch your business grow!