bikini
Het jy gehoor?

VIDEO: Kry ’n bikini-lyf in 15 sekondes

Kry ’n bikini-lyf sónder ’n dieet óf oefening! Dis maklik! 

Die plusgroot model Tess Holliday wys jou hoe: “Trek ’n bikini aan,” en siedaar!

People berig dat Tess deel is van die modehandelsmerk Simply Be se #SimplyBekini-veldtog. Hier word vroue gemotiveer om foto’s van hulself in swemklere op sosiale media te deel. In die proses word verskeie liggaamsgroottes gevier.

Die 29-jarige rooikop het op Simply Be se webtuiste bygevoeg: “Daar is nie iets soos ’n perfekte lyf nie, die grootste struikelblok wat vroue moet oorkom, is hulself.”

Bron: People en Simply Be

Lees nou