Lena Dunham

Lena Dunham

Het jy gehoor?

OULIKE VIDEO: Aktrise Lena Dunham probeer soos modelle lyk

Sy is die nuwe jong talent wat die TV-wêreld se harte gesteel het. Aktrise, skrywer, regisseur en vervaardiger Lena Dunham maak groot naam vir haarself en sy het nou nóg ’n gesogte Vogue-voorblad losgeslaan. Maar hieroor was sy baie senuagtig …

Die bekroonde aktrise van die gewilde televisiereeks Girls (soortgelyk aan die destydse Sex and The City) was ietwat op haar senuwees voordat sy haar voorbladfoto vir die Amerikaanse Vogue laat neem het.

In dié video roep Lena die kreatiewe direkteur van Vogue se hulp in om haar te kalmeer. Die twee begin dan bekende modelfoto’s namaak – en dít is baie snaaks.

Daar was eintlik geen rede vir Lena om op haar senuwees te wees nie, want haar foto’s is baie mooi. Die foto’s, wat deur die wêreldbekende fotograaf Annie Leibovitz geneem is, is nogtans fel gekritiseer omdat dit swaar onder die Photoshop-kwas deurgeloop het.

FOTO: Lena Dunham deur Annie Leibovitz vir Vogue

FOTO: Lena Dunham deur Annie Leibovitz vir Vogue

Vogue het in die verlede nog van dié soort kortfilms met hul voorbladsterre gedoen. Klik hier om Kate Winslet en Jessica Chastain se video’s te sien!

Lena se klassieke kraaghemp in die SARIE-winkel

Jy kan nie ’n fout maak met die klassieke kraaghemp soos wat Lena op haar Vogue-voorbladfoto dra nie.

Classic shirt en Polka dot shirt