pic_lisa_skinner_sr0709grotman17
Het jy gehoor?

Video: Lokprent van Spoor, Deon Meyer se nuwe boek

Op ‘n verlate grondpad in Limpopo druk hulle twee kilogram se vlekvrye staal – die reuse- Smith & Wesson Model 500 – teen Lemmer die lyfwag se kop en vra: “Waar is dit?”

Hy weet nie. Hulle belieg en bedrieg hom, steel sy Glock, die een met sy vingerafdrukke daarop. Hulle ken hom nie; hulle gaan betaal.

Hulle gaan ‘n spoor trap wat wyd sal loop: ‘n Bloedspoor deur die eerste dossier van Mat Joubert, deesdae privaatondersoeker, wat moet soek na Danie Flint, ‘n “goeie man” wat reg langs die Table View-polisiekantoor verdwyn het.

‘n Geweldspoor deur die bestaan van Milla Strachan, verloopte huisvrou, eers so salig onbewus van die newelwêreld van georganiseerde misdaad en terrorisme om haar.

‘n Doodspoor, van die Chizarira tot by die Kaapse Waterfront. En aan die einde daarvan sal niemand meer dieselfde wees nie.

Vermaak uit die boonste rakke deur Suid-Afrika se spanningsverhaalkoning, veelbekroonde skrywer Deon Meyer.

En aksie! Kyk die lokprent

Deon en ander misdaadskrywers gesels oor hulle werk

  • http://jufeaygjhuhf.com/ ulsahdjyg

    mGWe0A lufwctupmphj, [url=http://tmzvbzdmhdxo.com/]tmzvbzdmhdxo[/url], [link=http://axakpodfhdbp.com/]axakpodfhdbp[/link], http://hroqlerbqtgl.com/