Het jy gehoor?

VIDEO: Macy Gray se liedjie vir die Wêreldbeker. En kyk die uitrustings!

Dis geskiet deur Giuliano Bekor, bekende modefotograaf en regisseur van Los Angeles.

Dit het ook saamgeval met die maak van ‘n spesiale Wêreldbeker-advertensieveldtog vir die modehuis bebe. (Ja, dit is al bebe se praguitrustings wat te sien is.)

Kyk die video hieronder om te sien hoe lang, lenige modelle (almal van L.A. Models) sokkerballe vernuftig in hoë hakke skop en dribbel. “Doelwagters” in hakke, met hoede, handsakke en perfekte grimering, duik, val en strek om kamtig om “doele” te keer. En dít alles in die nuutste bebe-modes van die seisoen.

Wonder of Ronaldo dít sou kon regkry?!

Kyk ook: Agter die skerms toe dié veldtog geskiet is.