FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

VIDEO: Meryl Streep gesels oor haar besoek in SA

Die aktrise Meryl Streep was onlangs in Suid-Afrika saam met Katie Holmes en Taylor Swift om die fliek The Giver te skiet. Dít is wat sy van haar Suid-Afrikaanse ervaring gedink het …

Die 64-jarige aktrise het op The Ellen Degeneres Show verskyn om oor haar fliek August: Osage County, waarvoor sy vir ’n Oscar benoem is, te gesels. Sy het verder ook gesels oor haar besoek aan Suid-Afrika.

Meryl Streep se rok – JA of NEE? PLUS staan só en lyk maerder

Sy was in en om Kaapstad toe die nuus van Madiba se dood bekendgeword het. Hieroor sê sy dat sy die tasbare emosies kon voel.

“Dit was interessant om daar te wees die oomblik toe die molekules geskuif het. Jy kon die hartseer voel, want hy was so ’n groot figuur …”

Sy vertel ook dat hulle besondere diere op safari gesien het.

Kyk na dié onderhoud hier:

Nóg nuus van The Giver-stel in SA