Het jy gehoor?

VIDEO: Model Cara Delevingne neem liedjie op

Op 21 is sy een van die wêreld se topmodelle, maar onlangs het dit aan die lig gekom dat haar modeldae dalk getel is. Nou trek sy die mikrofoon nader …

Cara Delevingne het nog nooit ‘n geheim daarvan gemaak dat sy ook ‘n sangeres wil wees nie, en met ‘n veltoestand wat haar modelloopbaan in die wiele kan ry, is haar debuutalbum dalk vinniger op die rak as wat ons gedink het …

Lees hier oor Cara se veltoestand wat ‘n einde aan haar modelloopbaan kan sit

Dié jong mode-ikoon het onlangs ‘n duet saam met die sanger en liedjieskrywer Will Heard opgeneem. Sy het ‘n akoestiese weergawe van sy liedjie The Sun Don’t Shine saam met hom gesing. (Kyk na die video onder dié artikel.)

Will (21) en Cara is al jare lank goeie vriende. “Ek geniet dit om saam met Cara te werk. Sy is ‘n ongelooflike mens en ons het gewoonlik lekker pret saam, veral in die ateljee,” sê Will. “Haar stem is baie uniek en sy het ‘n goeie kans om ‘n baie suksesvolle musiekloopbaan te hê. Tot dusver het sy my in my musiekloopbaan ondersteun en ek sal graag wil hê dat sy ook op my debuutalbum moet sing.”

Cara wil nou sing

screen_shot_2013_08_21_at_12.54.59_pm_300wDit is beslis nie die laaste keer dat ons Cara se sangstem gaan hoor nie. Sy was ook onlangs saam met die sangeres Rita Ora op die verhoog tydens ‘n optrede in Londen, sy pronk saam met die kletsrymer Pharrell Williams op die September-uitgawe van Vogue en sy het selfs onlangs by ‘n geleentheid in Londen haar slag met die tromme gewys – kyk die video hier.

Bron: Vogue