FOTO Instagram /  caradelevingne

FOTO Instagram / caradelevingne

Het jy gehoor?

VIDEO: Model Cara Delevingne se ánder talent

Britse supermodel Cara Delevingne se donker wenkbroue is elke fotograaf se droom en van die loopplank kan jy haar niks vertel nie. Maar nou deel sy een van haar ánder talente met die wêreld.

Die 22-jarige was verlede week ’n gas op The Tonight Show, een van Amerika se gewildste geselsprogramme, wat deur Jimmy Fallon aangebied word. Hier het sy gewys dat sy ook kan beatbox.

“Jy was wonderlik!” was een van haar meer as 15 miljoen Instagram-aanhangers se reaksie ná haar optrede.

Kyk hier na die video wat al meer as 2.5 miljoen keer gekyk is.

Lees ook