FOTO Hanri Human

FOTO Hanri Human

Het jy gehoor?

VIDEO: Nadia en David in Rome

Pasgetroud – ’n week en twee dae om presies te wees – en Mnr. en Mev. De Villiers geniet hul wittebrood gate uit! Nadia Beukes en haar man, David de Villiers, is op die oomblik in Rome, Italië.

Hulle het spesiaal ’n video van hulself voor die Trevi-fontein aan SARIE.com gestuur.

Ons het het saam op Wakkerstroom gekuier en wys die troufoto’s eksklusief in ons November-uitgawe – te koop vanaf 10 Oktober.

As jy nie tot dan kan wag nie, hier is solank ’n voorsmakie van Nadia wat regmaak vir haar groot dag:

Die dorp Wakkerstroom in Mpumalanga was in rep en roer toe Nadia Beukes, aktrise en TV-aanbieder  laat  daar getrou het met David de Villiers, projekbestuurder van Pretoria. Nadia se pa, die bekende operasanger Rouel STET Beukes, het die  Onse Vader op die troue gesing, wat deur 180 gaste bygewoon is. Hier is Nadia vooraf besig om reg te maak vir die groot dag saam met haar strooimeisies, Soné Combrinck en Ansua Steyn-Ahlström. Die troue met al die glansfoto’s  is eksklusief te sien in die November-uitgawe van SARIE wat 10 Oktober op straat is. FOTO Hanri Human

Lees meer oor Nadia se trourok HIER

Lees nou

Dís hoe Nadia Beukes gewig verloor voor troudag

Nadia, Donnalee … jy kan ook só lyk!