FOTO: youtube

FOTO: youtube

Het jy gehoor?

VIDEO: Nuwe SHOUT-liedjie help biblioteke bou

Van Suid-Afrika se voorste vermaaklikheidsterre het weer saamgewerk aan vanjaar se SHOUT-liedjie. Elke keer wanneer die liedjie op die internet afgelaai word, word geld ingesamel om biblioteke in Suid-Afrika te bou. 

Die liedjie is deur Mi Casa en die SHOUT-medestigters Kabelo en Danny K geskryf. Mike Schalit, die projek se kreatiewe hoof sê: “Dié liedjie gaan oor meer as net om mense te laat glimlag, dit verbreed mense se horisonne.”

Wil jy sien hoe Carte Blanche se Derek Watts op sy kop staan, hoe Casper de Vries kletsrym of hoe “kaptein” Kurt Darren ritmies beweeg? Kyk dan die SMILE musiekvideo hier.

Klik HIER vir meer inligting.

Kyk HIER na die vorige SHOUT-video.