FOTO: Instagram @kateupton

Het jy gehoor?

VIDEO: Ons gesig van die maand, Kate Upton

Sy’t die gesig, die vrye gees en die lyf! Kate Upton het naam gemaak as ’n smeulende swemdragmodel vir Sports Illustrated, maar daarna het Vogue-voorblaaie en rolprentrolle saam met top-aktrises soos Cameron Diaz gevolg.

Op skaars 22 is Kate nou ook die gesig van die bekende skoonheidshuis Bobbi Brown. Haar selfvertroue is deel van haar skoonheid, sê die skoonheidshuis. Só twiet Kate self oor veral daai lyf: Ek het maar oomblikke van onsekerheid, maar ek’s trots op my liggaam en sal niks wil verander nie!

Luister hier wat sê sy waar haar selfvertroue vandaan kom:

AUGustus aug elma smitLees ons eksklusiewe onderhoud met Kate in die Augustus-uitgawe van SARIE en hoor wat is haar beste kitsproduk.

Nóú op die rak!