Het jy gehoor?

VIDEO: Pad na jou hart se lokprent is hier!

Die splinternuwe Afrikaanse fliek Pad na jou hart, met Ivan Botha en Donnalee Roberts in die hoofrolle, is vanaf 14 Februarie 2014 op die grootskerm te sien en SARIE is ’n trotse mediavennoot.

Basson van Rensburg (Ivan), ’n jong, aantreklike en selfvoldane sakeman, het vyf dae om by sy pa se begrafnisdiens in Kaapstad uit te kom, maar hy moet sekere take voltooi op hierdie reis voordat hy die suksesvolle familie-onderneming kan oorneem. Sy enigste kans om betyds daar te kom is ’n saamrygeleentheid met die beeldskone boheemse meisie Amory (Donnalee).

Eerste kykie: Pad na jou hart op grootskerm

Soos dié twee deur die natuurskoon van Suid-Afrika reis, ontmoet hulle wonderlike karakters wat sorg vir lekkerlag-oomblikke en lewensveranderende ervarings. Basson en Amory word gekonfronteer deur teleurstelling, hartseer en die wete dat dit onvermydelik is dat jy ’n paar slaggate gaan teëkom of verkeerde afdraaie op jou lewenspad gaan neem.

Pad na jou hart is ’n romantiese avontuur-film wat jou sal laat lag, huil en verlief raak op verlief wees.

En hiér is die lokprent!