Het jy gehoor?

VIDEO: Paris Hilton en Leonardo land in SA vir Wêreldbeker

Paris het alleen in ‘n private straler by die Lanseria-lughawe geland nadat hulle in Kameroen ‘n vinnige stop moes maak vir brandstof. Maar kyk net die hope en hope bagasie – en alles Louis Vuitton! Sy is van plan om Vrydag 2 Julie 2010 se wedstryd tussen Nederland en Brasilië in Port Elizabeth by te woon.

Leonardo DiCaprio het ook aangekom en probeer om ongemerk deur die aankomssaal te beweeg. “Selfs op ’n afgeleë plek in Suid-Afrika (tydens ‘n vorige besoek) het mense met hul selfone foto’s van my geneem. Daar is nie ’n plek waar ek kan wegkruip nie.”

Paris en Leonardo het Donderdag 1 Julie 2010 ook in ‘n private vertrek van ‘n restaurant in Rosebank, Johannesburg, saamgekuier.

Sy kan nie op haar Twitter-blad uitgepraat raak oor die wonderlike land nie. Dit lyk of Suid-Afrika ‘n nuutgevonde juweel is vir Hollywood-celebs – daar word selfs gegis dat Brad Pitt ook onlangs by Lanseria geland het….Ons sal laat weet sodra ons dit kan bevestig!

KYK AL DIE BAGASIE!

Die groot gepak!


  • swaeltjie

    ai die wonderwereld van die rich and famous! hier sit ek in die verre en verlang na SA, maar kan dit nie bekostig om te kom kuier nie en hulle reis in styl! ai tog.

  • Linda Felkel

    Paris Hilton `n Hollywood-Ster? Dit is nou opwindende nuus. 😉

  • 9DpHOQ jynmgjhzjaga, [url=http://gvbkpxjhdrai.com/]gvbkpxjhdrai[/url], [link=http://gkjrqxrkbezp.com/]gkjrqxrkbezp[/link], http://ojcmrgfgqmiu.com/