FOTO: Gallo Images/Getty Images

FOTO: Gallo Images/Getty Images

Het jy gehoor?

VIDEO: Pippa Middleton se eerste TV-onderhoud

Pippa Middleton, die hertogin van Cambridge se suster, het wêreldbekend geword toe sy vir haar suster gestrooi het. Maar kan jy glo sy het tot nou toe nog nie ’n TV-onderhoud toegestaan het nie? En wat sê sy oor dáái bruidsmeisie-rok?

In Pippa se eerste TV-onderhoud praat sy openhartig oor haar lewe as “die suster van” en wat sy sedert die koninklike troue aangevang het. Dié onderhoud is gedoen vir die Amerikaanse program The Today Show en word in twee dele uitgesaai.

In die eerste deel, wat jy hier onder kan kyk, gesels sy oor al die aandag wat haar agterstewe ontvang het op suster Kate se troudag. “Dit was nie die bedoeling om ’n opvallende rok te dra nie. Dit moes pas by die sleep van die rok,” sê sy.

Kyk hier na die eerste deel van Pippa se onderhoud:

pippa_300_310w

Addisionele bron: RTL Nieuws