Denise Bidot
Het jy gehoor?

VIDEO: Plus-groot model vier voller figuur

Die plus-groot model Denise Bidot vier haar voller figuur en motiveer ander vroue om dieselfde te doen. In samewerking met die aanlyn winkel swimsuitsforall, wat swemklere vir verskeie liggaamsgroottes verkoop, is dié video bekend gestel, berig Mail Online

“Daar is nie ’n verkeerde manier om ’n vrou te wees nie … Wees net jouself en vergeet van die reëls!” sê Denise.

FOTO: Instagram denisebidot

FOTO: Instagram denisebidot

Tog vertel die bruinkop-skoonheid dat selfaanvaarding ’n proses is: “In ’n stadium het ek net geleer dat alles wat ek eens gedink het onvolmaak is, eintlik tekens is dat ek uniek is. Ek het geleer om my hele lyf lief te hê.”

Denise se selluliet en rekmerke pla haar min. Sy geniet skaamteloos die see, son en sand!

Bron: Mail Online

Lees ook