FOTO: Getty Images/ Gallo Images

Het jy gehoor?

VIDEO: ‘Prins Harry’ dans by fees

Volgens Daily Mail en The Sun, twee van die groot Britse skinderblaaie, het prins Harry onlangs sy bynaam, The Party Prince, gestand gedoen.

Die 29-jarige prins het probeer om homself te vermom, maar blykbaar het mense by die Secret Garden Party-fees in Cambridgeshire hom dadelik herken.

Die kort video van ’n man op ’n swaai het vinnig oor die internet versprei. Dié man, wat hulle as prins Harry identifiseer, vermaak feesgangers met ’n danspassie of twee.

Daily Mail het dié video gepubliseer. Klik HIER om na die video te kyk.

Feesgangers wat met die media gepraat het, was oortuig daarvan dat dit Harry was. Hy het glo later die aand sonder ’n hemp by dié fees rondgeloop – tot groot vermaak van die vroue.

Is dit Harry of is dit ’n I Wanna Marry Prince Harrysituasie?

Wat dink jy? Glo jy dít is Harry? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!

Bronne: Hello! en Daily Mail