R&L-picturemeandu.com_146
Het jy gehoor?

VIDEO: Robbie Kruse se troue

Toe radio- en TV-aanbieder Robbie Kruse eers besef elke dag saam met Lynn Jolly is vir hom ‘soos vakansie’, moes hy haar eenvoudig vra om te trou. Haar jawoord is sy grootste prestasie, sê hy.

Net soos hul verhouding, was Robbie Kruse en sy nuwe vrou, Lynn, se huweliksbevestiging gemaklik, prettig en intiem. “Ek gaan jou oppas soos Bumblebee in Transformers. En ek sal altyd aan jou sy bly soos die twee buidel- rotte [possums] in Ice Age,” het hy gesê. Sy het geantwoord: “Ek sal jou liefhê vir ’n duisend jaar, solank dit nie enige kampering behels nie,” nadat sy in die kapel ingestap het op Christina Perri se “A Thousand Years”.

“Ek het niks anders gesien toe sy inkom nie,” vertel Jacaranda FM se sport-aanbieder op The Complimetary Breakfast, wat deesdae ook as aanbieder van die vermaakprogram Bravo! op kykNET te sien is.

“Ek was vooraf so senuweeagtig en opgewonde soos nog nooit in my lewe nie. Maar toe sy inkom, het ek van alles vergeet en net op haar gefokus.”

Hier is hulle trouvideo deur Blimpfilms

nadia beukes

Dié uittreksel hierbo kom uit die Julie-uitgawe van SARIE. Dit is nie meer beskikbaar nie, maar jy kan dit hier aflaai.